Nuus van ons kant af

Go down

Nuus van ons kant af Empty Nuus van ons kant af

Pos  Spikkels on Tue Mar 02, 2010 8:06 am

Eckard was die hele week laasweek by my ma, hyt dit vreeslik geniet en sy ook, sy verlang vreeslik en weet nie wat om met haarself te doen nie.

My seuntjie is so groot julle, hys so te se gepotty train, hy pp en poefie nooit meer in sy broek nie, hy dra net doek as hy gaan slaap en dis nou al vir so drie of vier dae elke keer droog as hy wakker word in die dag en vanoggend was die nagdoek ook heeltemal droog, eks so trots op hom ek bars amper uit my nate.

Ek dink sy stemmetjie is besig om te verander, gebeur dit as hulle klein is ook? hys hees maar glad nie siek nie?

Dit gaan baie goed met die viool spelery, ek geniet dit vreeslik en ek kom baie mooi reg. My ouma het 'n viola ge-erf by haar pa, hyt dit in om en by 1903 gekoop by 'n veiling en 'n tannie in die kaap het hom laat regmaak, my ouma het hom vir haar gegee met die voorwaarde dat as iemand van ons belang stel in musiek moet sy hom vir ons terug gee. 'n Vriendin van haar dogter kom volgende maand pta toe en dan sal sy hom vir my saambring, eks sommer opgewonde oor die ding, hys baie oud en ek weet nie eers of ek hom sal kan speel nie maar eks bly ek kry hom.

Wat gebeur in julle lewens?

JSK - hoegaanit met jou swangerskap?

En hoekom chat almal so min, ons internet is uiteindelik so te se uitgesort, lyne is steeds af maar ons gaan nou heeltemal wireless gaan.
Spikkels
Spikkels
Admin

Posts : 139
Join date : 2010-01-14
Age : 36

Sien gebruiker's profiel http://koeitjiesenkalfies.afrikaansforum.com

Terug na bo Go down

Nuus van ons kant af Empty Re: Nuus van ons kant af

Pos  Juan-se-koei on Wed Mar 03, 2010 1:30 pm

Skuus julle, dit gaan dol hier by my, ek vat hierdie week nie grond nie.

Spikkie, daai seuntjie van jou raak nou gou groot - well done met die potty training!!!

Dit gaan goed met my swangerskap, is nou 20weke 3kae, en die mannetjie is lekker woelig I love you
Juan-se-koei
Juan-se-koei

Posts : 127
Join date : 2010-01-14

Sien gebruiker's profiel

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.