Eckard is by my ma

Go down

Eckard is by my ma Empty Eckard is by my ma

Pos  Spikkels on Mon Feb 22, 2010 1:34 pm

Ons was saterdag by my ma gewees, toe se sy eckard moes sommer kom kuier het vir die week (hulle kom nou weer vrydag na ons toe).

Toe daai klein rakkertjie hoor dis 'n moontlikheid toe is hy UIT SY VEL UIT!! Toe kon ek nie nee se nie, hy was so opgewonde gewees, elke keer as ons ry dan se hy ons gaan na haar toe, shame hy verlang baie na haar en sien haar min.

Hyt daar gebly met drie stelletjies klere en 7 doeke LOL

Ekt maar geld gegee dat sy 'n potjie gaan koop, ekt myne vergeet en ons potty train nou, sy moes ook 'n tandeborsel, tandepasta en 'n paar extra doeke gaan kry.

Sy potty train nou klip hard met hom, dit sal darem maar 'n moerse bargain wees as hy terug kom en hy gepotty train he!!!

Ek verlang al klaar heavy baie, wonner of ek sal kan uithou tot vrydag, sy se dit gaan baie goed, huil net vir my as hy nie sy sin kry nie en vra waar is ons in die aande maar verder geniet hy dit vreeslik! Hulle klim boom en maak tuin en shop en speel hulle gate uit so ek dink daars maar min tyd om te wonder waar ons is.

Hy word nou groot julle!
Spikkels
Spikkels
Admin

Posts : 139
Join date : 2010-01-14
Age : 37

http://koeitjiesenkalfies.afrikaansforum.com

Terug na bo Go down

Eckard is by my ma Empty Re: Eckard is by my ma

Pos  Juan-se-koei on Tue Feb 23, 2010 11:49 am

Ag dis nou lekker, ek is seker hy geniet hom gate uit!! Jy het ook nou 'n biekie tyd vir jouself, geniet die tydjie ek is seker jy verlang baie!!
Juan-se-koei
Juan-se-koei

Posts : 127
Join date : 2010-01-14

Terug na bo Go down

Eckard is by my ma Empty Re: Eckard is by my ma

Pos  Spikkels on Tue Feb 23, 2010 12:47 pm

toe ek gisteraand in sy kamer instap toe tjank ek sommer!!
Spikkels
Spikkels
Admin

Posts : 139
Join date : 2010-01-14
Age : 37

http://koeitjiesenkalfies.afrikaansforum.com

Terug na bo Go down

Eckard is by my ma Empty Re: Eckard is by my ma

Pos  Juan-se-koei on Tue Feb 23, 2010 1:23 pm

Ag shame man, sterkte vir die res van die week, maar probeer om die tydjie te gebruik om na jouself om te sien en te relax
Juan-se-koei
Juan-se-koei

Posts : 127
Join date : 2010-01-14

Terug na bo Go down

Eckard is by my ma Empty Re: Eckard is by my ma

Pos  Sponsored content


Sponsored content


Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.