ek is super bitch vandag!

Go down

ek is super bitch vandag! Empty ek is super bitch vandag!

Pos  UdderCow on Fri Feb 12, 2010 10:59 am

Ek baklei nog net die heeloggend!!! Midcity - ons bodycorporate het verkeerde kosstes op ons levy gelaai, dis is afgehaal maar volgens hulle is ek nou R1500 agterstallig op my levy! HOE DE FOK. ek het 'n moerse brief vir hulle gestuur om dit reg te stel.

EN

daar by ons in nr 19 is so OU tannie wat mos op my kinders skreeu Shutup in die oggende as ons by die trappe afstap. ek skree to 1 oggend vir haar terug as jy 'n probleem het kom sien my ek is in woonstel nr 10!

en toe gister kry ons 'n brief van die bodycorporate vir Rusverstoring

dis mos toe die brief wat ek terug stuur vir die bodycorporate


Goeie dag Konrad

Ek reageer op die brief wat ek ontvang het vir Rusverstoring.

Eerstens wil ek net onder jou aandag bring dat langs my in nr 9 ook mense bly met 2 kinders, bo in nr 11 naweke ook kinders is, en nr 15, 2 kinders, 14, 1 Tiener, 15 3 kinders. Daar is in villa Cronje in nr 3 ook 2 kinders. Daar is baie kinders wat lag en gesels en skree en rondhardloop in die kompleks. Dit is hoe kinders is.

Ek het twee van 3 jaar en 4 jaar. Dit is 2 seuns wat baie nuuskierig is en heeldag buite wil speel. Ongelukkig is die kompleks so gebou dat ons stoep regoor nr 16,20, 14,19 se kamer en sitkamer is. Ek kan nie help as die kompleks verkeerd gebou is nie? moet ek nou my kinders heeldag binne in die sitkamer hou?

Maar ja daar was ‘n paar oggende wat ons sukkel sukkel by die trappe af is. Altwee my kinders is aangeneem (ons het kleurling kinders aangeneem) en die kleinste een het skeidings angs. So ek moet hom die heeltyd optel, ek het nou begin dat hy die trappe af stap want om met 15kg extra trappe af te klim breek my rug en JA dit het ‘n oorlog afgegee hy wou opgetel word en ek het hom laat loop. Die vrou van nr 19 het Shutup! en hou jou bek geskree. Ek was geskok het het probeer om die kinders stil te hou en is kar toe.

2 oggende later het ons weer met ‘n geskreeu die trappe af en sy het weer vir my gegil. Ek het toe vir haar teruggeskree AS JY ‘n PROBLEEM HET KAN JY MY KOM SIEN BY NR 10, so dis seker nou hoe ons die ou briefie ontvang het. Charmain van nr 14 het toe ook by die stoepie oorgeleun en gese ek moenie my aan die ou vrou steur nie sy kla oor alles.

Hoekom word nou net my kinders uitgesonder? Hoekom skree sy net op my kinders en die die ander nie? EN WAT GEE HAAR DIE REG om vir my kinders te skree hou jou bek, hulle is nie diere nie maar twee kleuters. Ek weet die klagte kom van nr 19 en die opsigter van nr1 het ook al vir my gese toe ons die kinders aangeneem het jammer hulle is ‘n ander kleur ne? ?????? As ek enigsens vermoed sy of die opsigter pik op my kinders agv hulle kleur SAL ek dit verder vat en haar en julle in ‘n hof beding betrek. Ek is BAIE BAIE ernstig hieroor. Ek gaan nie toelaat dat ‘n ou vrou my kinders van 3 en 4 intimideer net omdat hulle nie die selfde velkleur as sy is nie. Moenie dat die in ‘n Ras geding ontaard nie.

Die ander ding wat my pla is my kinders staan eers 06:30 se kant op en ons ry 7 uur kleurterskool toe. As hulle opstaan gaan hulle voor die tv sit en kyk Kowee en drink hulle tee, hulle speel nie buite nie. Voor my kinders opstaan is daar al ander kinders wat wakker is in die kompleks, ja jy hoor hulle. So sy kan nie se my kinders raas al van 06:00 buite nie want dit is nie waar nie. ons kom eers dan weer 17:30/45 se kant by die huis en 19:15 gaan hulle kamer toe om te slaap. My kinders slaap al lankal dan huil die baba langs ons en kinders speel skree onder by die parkerings. So weeksoggende is ons letterlik 2 of 3 minute wat ons op die tappe is om af te gaan kar toe ,Naweke speel hulle wel buite op die stoepie, maar nie tussen 11 en 3 nie want dan bak die son direk op die teels en dit is ONGELOOFLIK warm jy kan nie eers op die teels loop nie.

Ek verstaan die reels van die kompleks en ek het die brief by my, ek het vir my kinders verduidelik dat die tannie se ore kry seer as hulle raas raas die trappe afloop. So in die oggende is net met ‘n hengse sjuut sjuut speletjie om hulle nou in die kar te kry. Ek probeer tenminste om hulle stiller in die kar te kry.

Dankie
Melanie


hoop nou nie ek het te vinnig op my perdjie gespring nie. maar fok weet ek is gatvol vir al die kak wat my tref...
UdderCow
UdderCow

Posts : 48
Join date : 2010-01-14
Age : 47
Ligging : Blou Bul Land!!!!

Sien gebruiker's profiel http://www.mellav.blogspot.com

Terug na bo Go down

ek is super bitch vandag! Empty Re: ek is super bitch vandag!

Pos  Juan-se-koei on Fri Feb 12, 2010 12:38 pm

Man Mella, daai ou vrou se gat, as sy stilte wil he moet sy ouetehuis toe trek. Fok man, kinders bly maar kinders en dis mossie asof hulle heeltyd gil nie!!
Juan-se-koei
Juan-se-koei

Posts : 127
Join date : 2010-01-14

Sien gebruiker's profiel

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.